
ONS
VISIE
"Die beste manier om die toekoms te voorspel, is om dit te skep"
Enige persoon wat homself as 'n Boere-Afrikaner beskou, en as 'n lid van die Boere-Afrikanervolk, sal kwalifiseer vir lidmaatskap van die Vaderlandstigting. Lidmaatskap kan verkry word deur middel van 'n skriftelike aansoekvorm wat ingevul moet word.


DIE VADERLANDSTIGTING GLO IN DIE HANDHAWING VAN ONS VOLK SE KULTUUR, ERFENIS, REGTE EN CHRISTELIKE WAARDES.
.png)

ONS IS DANKBAAR
VIR JOU ONDERSTEUNING!
Jou donasie sal 'n groot rol speel in ons sukses!
R 50
R 150
R 200
R 500
STIGTINGSLEDE

Stigter
Mnr Francois van der Merwe

Stigter
Mnr Tewie Wessels
Tel: 071 753 7683 Pos: info@dievaderlandstgting.co.za

Bevordering van Boere-Afrikaner Belange:
Ons Missie en Visie
Die Vaderlandstigting glo in God, die God van die Voortrekkers en die Voortrekkerkerk, die God van die Boere-Afrikaner Volk, die God van die Gelofte, die Christelike Bybel, die Protestantse Belydenisskrifte en 'n Christelike lewenswyse.
Die Vaderlandstigting is 'n organisasie wat gestig is met die hoofdoel om Boere - Afrikanerbelange te bevorder ten opsigte van die ekonomiese, kulturele en sosiale regte, aansprake en behoeftes van die Boer - Afrikaner. Die organisasie sal hom deur alle wetlike en grondwetlike prosesse in Suid-Afrika beywer vir die bevordering van die Boere-Afrikaner se belange. Die Vaderlandstigting is 'n volksorganisasie wat aanspraak maak op die reg op assosiasie van medemense met mekaar, en wat gerig is op die toekoms van die Boere-Afrikaner.
