top of page

Die Vaderland Stigting

Tel: 071 753 7683 Pos: info@dievaderlandstgting.co.za

MAAK KONTAK

Sluit by ons aan
vlagtentoonstelling2-1.jpg
  1. Die Vaderland Stigting glo in God Die Vader en die drie-enige God, die God van die Voortrekkers en die Voortrekkerk, die God van die Boere-Afrikanervolk, die God van die Gelofte, die Christelike Bybel, die Protestantse Belydenisskrifte, en 'n Christelike manier van lewe.

  2. Die Vaderland Stigting is 'n organisasie wat gestig is met die hoofdoel om Boere - Afrikanerbelange te bevorder, wat die ekonomiese, kulturele en sosiale regte, aansprake en behoeftes van die Boer - Afrikaner betref. Die organisasie sal hom deur alle wetlike en grondwetlike prosesse in Suid-Afrika beywer vir die bevordering van die Boere-Afrikaner se belange. Die Vaderland-Stigting is 'n volksorganisasie wat aanspraak maak op die reg van assosiasie van medemense met mekaar, en wat gerig is op die toekoms van die Boere-Afrikaner.

  3. Die Vaderland-stigting is nie 'n geheime organisasie, 'n vakbond, 'n burgerregte-organisasie of 'n kultuurorganisasie nie. Die Vaderland-stigting is ook nie net daarop gemik om die Boere-Afrikaner se kulturele belange te bevorder nie. Die doelstellings van die Vaderland-Stigting is veel wyer as net die kulturele aansprake en regte van die Boere-Afrikaner as volk. Dit is 'n volksorganisasie wat ten doel het om die regte en belange van die Boere-Afrikanervolk te bevorder.

  4. Die Vaderland-Stigting is getrou aan die vryheidsideaal van die boere in die Boererepublieke, naamlik die Zuid-Afrikaansche Republike en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, en wil daardie ideale binne Suid-Afrika vir die Boere-Afrikanervolk verwesenlik. .

  5. Die Vaderland-stigting beoog om alle handelinge en projekte van die stigting binne die raamwerk van die Grondwet en Wette van die Republiek van Suid-Afrika uit te voer.

  6. Die Vaderland-Stigting sal ook as 'n adviesliggaam vir Boere-Afrikaner-jeugorganisasies optree, en vir hierdie doel sal 'n Adviesraad van die Vaderland-Stigting in die lewe geroep word.

  7. Enige Boere-Afrikaner wat hom met bogenoemde ideale vereenselwig, kan lid word van die Vaderland Stigting en die aktiwiteite van die Vaderland Stigting ondersteun.

  8. Die stigterslede en besturende komitee van die Vaderland Stigting is mnr Francois van der Merwe, mnr Tewie Wessels en...................

  9. Die Vaderland-stigting sal ook daarna streef om leiding, opleiding en bystand aan die jeug en die leiers van môre te verskaf.

bottom of page