
Samewerking

Die Vaderlandstigting het onder andere ten doel om meer noue samewerking tussen Boere-Afrikaner organisasies, en ander organisasies wat dieselfde beginsels voorstaan te bewerkstellig, en wil in hierdie verband samewerking opbou en samewerkingsooreenkomste sluit met soortgelyke organisasies, terwyl elke organisasie steeds voortgaan om op sy eie te funksioneer. In hierdie verband tree die Vaderland-Stigting reeds op in samewerking met ‘n geregistreerde welsynsorganisasie, die Vlinder fonds, asook ‘n geregistreerde koöperatiewe finansiële instelling, naamlik Oranjekas, wat gestig is vir die Boere-Afrikaner volksbelang. Skakels na hierdie organisasies verskyn op die skakelblad.
Die Vlinder fonds versorg tans op ‘n permanente basis SASSA pensionarisse in vier afsonderlike huise in Pretoria, en is ook betrokke by verskeie opheffings projekte onder arm Afrikaners. Die Vlinder fonds het ten doel om ‘n wye netwerk van soortgelyke organisasies wat met mekaar saamwerk daar te stel regoor Suid-Afrika, vir die voordeel en belange van hulpbehoewende Boere-Afrikaners. Oranjekas het onder andere ten doel om ‘n afsonderlike Afrikaner finansiële instelling, en uiteindelik ‘n Afrikanerbank daar te stel.
Tel: 071 753 7683 Epos: info@dievaderlandstgting.co.za
