STOP Onteiening Sonder Vergoeding
Die Vaderlandstigting is van voorneme om sekere bepalings van die nuwe Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar.Daar is baie bepalings in die Wet wat nie omstrede is nie, en in ‘n sekere mate verbetering op die 1975 Wet daarstel.
Die beginsel egter, dat enige vorm van eiendom onteien kan word sonder vergoeding teen markwaarde, is ‘n beginsel wat indruis teen alle beginsels van ‘n regstaat met ‘n grondwet, asook internasionale reg.
Om daardie rede is ons van mening dat die bepalings wat verband hou met moontlike betaling vir ‘n eiendom wat onteien gaan word, teen ‘n laer bedrag as markwaarde, ongrondwetlik is, en dat dit verder ook direk teenstrydig is met artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.
Die Vaderlandstigting is dus van voorneme om gedeeltes van hierdie Wet ongrondwetlik te laat verklaar, en sal sonder die samewerking van enige ander partye, so ‘n hofaansoek loods.
Die Vaderlandstigting word bygestaan deur regsgeleerdes op ‘n spesiale basis, maar het steeds fondse nodig om so ‘n aansoek te bestuur en te dryf.
Verdedig Privaat Eiendomsregte
Die Vaderland-Stigting kort ondersteuning om onteiening sonder vergoeding in die hof te baklei. Ons glo dat elke Suid-Afrikaner die sekuriteit verdien om te weet dat hul eiendom deur die wet beskerm word.
Jou stem maak saak! Sluit by ons veldtog aan deur jou naam by die petisie te voeg en saam met ons op te staan om te verseker dat regeringsbeleide privaat eiendomsregte respekteer en billike vergoeding voorsien.
Tree Nou Op:
-
Teken die Petisie: Versterk ons hand en bly ingelig van ons aksies teen die wet.
-
Deel Hierdie Boodskap: Help ons om soveel mense en ondersteuning te werf.
Saam kan ons streef na beleide wat ons regte en toekoms beskerm. As hierdie wet onverander vorentoe beweeg, sal ons voortgaan om dit uit te daag totdat ons stemme gehoor word en ons regte ten volle beskerm word.
Staan vandag saam met die Vaderland-Stigting —want elke eiendomseienaar verdien sekerheid en geregtigheid.